Hierdie jaar word die Nasionale Interstatie in Kaapland gehou by Wemmershoek. Hierdie terrein is een van die mooiste terreine wat Die Voortrekkers besit. As jy dit nie glo nie, dan sal jy maar net moet kom kyk en vir jouself besluit.
Hierdie jaar is die Nasionale Interstatie vanaf 6-9 Augustus 2010. Die Staatmakers wat van Transvaal en die Vrystaat af kom het al die geleentheid om op die bus saam te kuier en om dan die Kapenaars by Wemmershoek te ontmoet.
Die bus sal Donderdagaand uit Pretoria vertrek en Staatmakers optel in Johannesburg en Bloemfontein sodat ons teen Vrydagmiddag alreeds op Wemmershoek kan wees. Die Vrydagaand het ons ʼn afspraak met die Jongere Projek en Saterdag ʼn afspraak met ʼn paar van die plaaslike plase... Sondagaand na die dinee sal die bus vertrek. Die Vrystaters behoort vroeg Maandagmiddag alreeds tuis te wees en die Transvalers die Maandagaand.
Wat is op die program vir hierdie Nasionale Interstatie?
ʼn Wyn-, Brandewyn- en Sjampanje toer
Heerlike kuiers om die vuur
Om nuwe vriendskappe te maak en met ou vriende op te vang
Om jou mening te lig oor wat Staatmakers en Die Voortrekkers vir jou moet beteken
Om die kamp af te sluit met ʼn dinee
Koste en Sluitingsdatum
R700 per persoon (as jy van die bus gebruik maak)
R300 per persoon (as jy van jou eie vervoer gebruik maak)
Hierdie kostes sluit alle aktiwiteite en ʼn T-hemp in.
Die sluitingsdatum vir die Nasionale Interstatie is 27 Julie 2010, doen asseblief moeite om betyds in te skryf. Onthou dat daar beperkte plek op die bus is en dat dit op ’n eerste inskryf basis hanteer gaan word. Daar sal teen 28 Julie 2010 per SMS of epos met jou bevestig word of jou inskrywing ontvang is – as jy teen hierdie datum nie ’n bevestiging ontvang het nie, volg dit asseblief met Susan Conradie op.
Inskrywings
Die geld kan inbetaal word in die volgende rekening:
Die Voortrekkers
ABSA Ben Swartstraat
Rekeningnommer: 050 305 015
Takkode: 632 005
Sit asseblief by die verwysing: NI en dan of jou of jou groep se naam.
Die inskrywingsvorms, groepopsomming en depositostrokie kan via epos gestuur word na Susan Conradie by geeldogtertjie@gmail.com. Inskrywings sal slegs elektronies hanteer word.