Toekomsplan 2013

Deur die loop van die afgelope vier jaar is daar meer en meer klem gelê oor “strategiesebeplanning” vir Die Voortrekkers. Baie mense se kele trek toe net om te dink aan strategie.

Daar is ʼn bekende gesegde: “If you fail to plan, you are planning to fail!”

Strategiesebeplanning is eenvoudig net die plan om van waar ons vandag is te kom waar ons in die toekoms wil wees. As jy na die groot prentjie kyk wonder mens gereeld hoe ons dit gaan reg kry... maklik! Dis soos om ʼn olifant te eet: ons gaan dit happie vir happie doen.

Op hierdie bladsy kan jy meer leer van die Staatmakers se:

Let asseblief daarop dat hierdie 'noorsig is en indien jy meer inligting wil kry, moenie huiwer om enige lid van die Nasionale Komitee: Staatmakers te kontak nie.

Vir meer inligting rakende Die Voortrekkers se Toekomsplan 2013 en doelwitte kliek hier.

WERKSPROGRAM

Staatmakers het die basiese behoeftes aan:

  • 'n plek om te behoort
  • sosiale ondersteuningsbasisse en vriendskapnetwerke
  • avontuur en gebalanseerde aktiwiteite
  • opleiding

Die werksprogram van Staatmakers is uitgewerk om hierdie behoeftes aan te spreek. Die Nasionale Komitee: Staatmakers kan niemand dwing om enige iets te doen nie, al wat ons kan doen is om vir 'n Staatmaker die geleentheid te gee om:

  • deel te wees van 'n Staatmakergroep
  • mekaar te motiveer en te ondersteun
  • opleiding te ontvang
  • formele leierskap te beoefen
  • te skakel met eksterne organisasies en groepe
  • die identiteit van Staatmakers uit te dra
  • trots te wees op 'n positiewe beeld en reputasie van Staatmakers
  • 'n diens te lewer aan Die Voortrekkers en die gemeenskap
  • Staatmaker volhoubaar te beoefen

Vir meer inligting kliek hier om die volledige dokument af te laai.

DOELWITTE EN AKSIEPLANNE

Doelwitte vir Staatmakers (in volgorde van prioriteit):


1. Om ʼn tevrede ledekorps te ontwikkel en te behou

  • Maak dit vir ons lede lekker om Staatmakers te wees deur:
  • Fokus op Staatmakers / Lekker Aktiwiteite
  • Kuier en Skakeling
  • Bybelstudie
  • Gebruik Kenners vir Aanbiedings
  • Oriëntering / Induksie
  • Beter Motivering
  • Erkenning
  • Ondersteuning

2. Om goeie volwasse leiers te trek, te ontwikkel en te behou

  • Wees toeganklik deur:
  • Werwing
  • Behoud van Gr. 12 Verkenners

3. Om in alle aspekte doeltreffend (doen regte dinge) en effektief (doen dinge reg) te wees, gemeet teen wêreldklas standaarde

  • Maak dinge so maklik as moontlik deur:
  • Beter Bestuur
  • Prosesse
  • Doelwitte
  • Terugvoer / Evaluering / Verslaglewering
  • Beter Kommunikasie
  • eNuusbrief
  • Kontakinligting
  • Facebook
  • Webwerf
  • Google Calendars

4. Om te beweeg na gedeelde oortuigings (t.o.v. konsepte soos begronding, leierskap, sukses, bestuur) en om alle aktiwiteite daarmee te belyn

  • Laat deel almal aan ons beeld en reputasie deur:
  • Uitdra van die Staatmakers se Identiteit
  • Kommunikasie
  • Gesprekke
  • Sigbaarheid

Vir meer inligting kliek hier om die volledige dokument af te laai.